Laerskool Concordia het onlangs hulle 20ste agtereenvolgende interlaer gewen wat by Boksburg Stadion uitgespook is.

Baanbreker, Concordia, Elspark, Van Dykpark en Martin School het saam deelgeneem.

Dis egter nie net ’n dag vir atlete wat deelneem nie, maar vir die onderskeie skole se ondersteuners is dit ‘n heerlike dag van sing, dans en hul maats op die baan ondersteun.