59
Jaar Oud
1,459
Trotse Impies
100%
Uitnemend
Laerskool Concordia gee huidiglik erkenning vir deelname aan die volgende kunswedstryde:
Deelnames:
SPANREDENAARS & TEAM SPEAKING
Laerskool Concordia se leerlinge wat aan die skool se uitdunronde deelgeneem het, word op meriete vir die spanne oorweeg.
Koor is goed vir jou kind omdat dit nie net hul musikale vermoëns ontwikkel nie, maar ook selfvertroue, dissipline en spanwerk bevorder. Deur saam met ander te sing, leer kinders hoe om na mekaar te luister, hul stem te beheer en saam te werk om 'n gemeenskaplike doel te bereik. Dit verbeter hul kommunikasievaardighede en gee hulle 'n gevoel van behoort. Boonop het studies getoon dat musiek vorm deel van breinontwikkeling en selfs akademiese prestasie kan ondersteun. Koor is dus 'n waardevolle en vreugdevolle ervaring vir enige kind.
Ons kore neem deel aan Dell Arte, Vivarte en Conspirito. Ons senior koor neem ook deel aan ATKV Applous.
Junior en Senior Spreekkore neem jaarliks deel aan die onderskeie kunswedstryde. Die aantal spreekkore word bepaal deur die hoeveelheid leerlinge wat wil deelneem.
Artkloppies Dramaskool vind op Donderdagmiddae hier by die skool plaas. Ouers betaal self vir hierdie afrigting.
Die klasse vind van 13 : 00 tot 16 : 00 vir die onderskeie leerlinge en ouderdomsgroepe plaas.
Laerskool Concordia se Graad 6 & 7- leerlinge neem vanaf 2023 deel aan Con Spirito se Debatskompetisie. Daar is elke jaar leerlinge wat deurdring na die Semi-Finaal en Landsfinaal afdeling. Debatspanne word saamgestel uit ons gladdebek-redenaars en slimkoppe.
Leerlinge wat aan Toneel wil deelneem neem deel aan oudisies vir die ATKV Tjokkertoneel.
Artkloppies
Dramaskool se toneel wat onder die Spraak-en Dramagilde deelneem, akkommodeer die hele dramastudio se leerlinge en vind plaas tydens die Vierde Kwartaal (Desember).