Laerskool Concordia is ’n trotse Afrikaanse Christenskool wat leerders help om hul beste te bereik en met sterk waardes na uitnemendheid te streef.
n Plek waar u die hartklop van ons skool, ons leerders, onderwysers en ons waardes kan beleef. Laerskool Concordia is nie net die TROTS van Boksburg nie, maar ook die skool waarop u en u kind sal trots wees. Hier word ons kinders geleer om hul historiese en kulturele erfenis te ag en te respekteer asook om die beginsels voluit te leef.
Ons stel onsself diensbaar en tot beskikking van ons gemeenskap en tot voordeel van ons mees kosbaarste besittings – ons kinders. Wees verseker dat u kind ons grootste prioriteit is en dat ons op alle gebiede sal poog om u kind gelukkig te hou. Ons hoofdoel is om u kind te onderrig en op te voed en in totaliteit te vorm.
By Laerskool Concordia glo ons dat elke kind uniek is, en daarom streef ons daarna om elke leerder as ’n volledige mens te vorm – met balans tussen akademie, kultuur, sport en karakterontwikkeling. Ons is nie net die trots van Boksburg nie, maar ook ’n plek waar u en u kind tuis en welkom sal voel. Ons gemeenskap en kinders is vir ons kosbaar. U vertrou ons met u kosbaarste besitting en dit is ons wens dat ons hierdie vertroue waardig sal wees.
Met Corries wat leer en groei bevorder in ’n liefdevolle, veilige en ondersteunende omgewing
Leerders
Jaar Oud
Uitblinkers
Wat ‘n voorreg om betrokke te wees by ‘n spogskool soos Laerskool Concordia.
Ons skool bestaan vanaf 1937. . . ‘n skool met ‘n ryke erfenis. As mense terugstap op die geskiedenisspoor, is daar slegs een ry spore, wat getuig van God wat ons dra. Sy genade en seën is sentraal in alles wat ons bereik.
Die skoolwapen – 2 harte wat saam klop – spreek van die warmte en innigheid waarmee die Concordia gemeenskap mekaar hanteer.
As hoof is dit my begeerte dat elke Corrie iewers sal nesskop en sodoende hul Godgegewe talente ontdek en uitleef – hetsy op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
Concordia en sy leerkragte meld aan om ‘n verskil te maak in u kind se lewe.
Concordia-groete
Mnr. C. Blignaut

Op 3 Augustus 1937 open Mr. G.J. Malan (Eerste Hoof) die skool met 39 leerlinge en twee personeellede. Daardie dag notuleer die hoof: “Geen enkele boek in voorraad. Hier is nog geen enkele meubelstuk nie, die leerlinge sit op die vloer en die onderwysers staan. Later arriveer 5 stoele.” Aan die begin van Mnr. Malan se dienstermyn, kry hierdie skool sy naam, naamlik Concordia.
Die skool is vernoem na een van die koshuise op Heidelberg (Transvaal) onderwyskollege se kampus.
Concordia dien reeds 80 jaar ‘n baie besondere gemeenskap en het gegroei na die pragtige skool wat dit nou is. As ons terug kyk na al na al die goeie werk wat in die verlede hier gedoen is, bring ons hulde aan ons voorganger
Laerskool Concordia ♦
Klerekas:
Gr. RR & R drag / Gr. 1- 7 Sportdrag
7:00 tot 15:00
Kosblik en Koffieblik:
6:30 tot 15:00
Die onderwys is ‘n professie wat voortdurend ontwikkel en daar word van skole verwag om by te bly met voortdurende ontwikkeling. Laerskool Impala neem hierdie verantwoordelikheid ter harte en poog om op hoogte te bly met die nuutste inligting in die opvoedkunde.

Wees gegroet hier vanuit die “Ons gee om Kantoor”!
Wat ‘n uitdagende jaar! Sou ons ooit kon voorsien hoe ons lewens sou loop gedurende 2020? Ons is almal besig om branders te ry wat ons dikwels asemloos laat. Ek wil u elkeen bemoedig. Hou kop bo water en hou aan water trap. Dit sal vorentoe weer beter gaan!
Vir die afgelope paar maande het ek nou betrokke geraak by die wel en weё van ons Impie personeel, leerlinge en ouers. Dit is vir my lekker om deel te wees van ‘n span wat kan saamwerk om ‘n positiewe verskil te maak.
Ek stem saam met die volgende stelling:
“The highest function of education is to bring about an integrated individual who is capable of dealing with life as a whole.”
Uiteindelik maak ons almal as skoolgemeenskap ‘n belegging in ‘n veel groter saak: Mense wat voluit en gelukkig die lewe kan oorleef. Ons deur staan altyd oop vir ‘n Impie.
