Privaatheid Oorsig

Hierdie webwerf gebruik *koekies om jou ervaring te verbeter terwyl jy deur ons bladsye blaai. Slegs *koekies wat noodsaaklik is vir die basiese funksies van die webwerf word gebruik en op jou webblaaier gestoor. Ons weerhou ons daarvan om derdeparty-webkoekies te gebruik vir doeleindes soos prestasie-analise, analise of advertensies.

Laerskool Concordia Sport

Kweek 'n liefde vir sport

59

Jaar Oud

1,459

Trotse Impies

100%

Uitnemend

Die begin van ons toekomstige sportsterre

Atletiek

Atletiek by Laerskool Concordia is een van die opwindendste en mees gesogte gebeurtenisse van die jaar. Ons skool se atletiekveld dreun van energie, met deelnemers wat hul alles gee in elke wedloop, gooi of sprong. Ons atletiekprestasies vanaf vriendskaplike byeenkomste tot by atlete wat Gauteng verteenwoordig by SA skole atletiek toon kameraadskap, uithouvermoë en herinneringe wat 'n leeftyd sal hou.

Rugby

Ons Gr.1 en 2 seuns neem deel aan Rooivalkie-rugby.  Laerskool Concordia is een van die sterkste rugby-skole in die Valke Super-liga. By die mini-rugby is daar nie proewe en liga-wedstryde nie; dit gaan oor die bou en verbetering van vaardighede waar almal ‘n geleentheid kry om te leer en groei vir rugby.

 

Laerskool Concordia se onder 9 tot 1ste span neem deel aan die Valke-Super-liga.  4 uit die 5 A-spanne het in 2024 in die semi-finaal gespeel, waar 2 spanne in die finaal gespeel het.

Netbal

Ons Gr.1 - 3 dogters neem deel aan mini-netbal.  Laerskool Concordia se  netbalpoppe speel hul harte uit!  Hier word hul passie vir netbal gekweek en ontwikkel. Netbal leer hul om vinnig op hul voete te dink.

 

Concordia speel in die Super-liga netbal.  Dit bestaan uit die top Netbal skole in Ekurhuleni.  In 2024 was die 0/13A span 4de in Gauteng en ook aangewys as ‘n Top 10 span in die land.

Hokkie

Vir die afgelope 3 jaar is al ons liga-spanne van 0/11-0/13 in die Oos-Gauteng uitspele waaraan 14 skole deelneem.  Al ons spanne het onder die top 8 geëindig.  Ons het in 2022-2024 provinsiale spelers in verskeie ouderdomsgroepe gehad.  Ons spelers van 0/11-0/13 maak gewoonlik die dorpspanne vir die volgende Oos-Gauteng proewe. Mini-hokkie word in graad 1-3 gespeel.  Dit is ‘n lekker ontwikkelings-aktiwiteit wat die dogters se liefde vir hokkie aanwakker. Ons neem deel aan vriendskaplike wedstryde teen ander skole in ons streek.

Krieket

Graad 1 en 2 seuns kry die geleentheid om mini-krieket te speel.  Mini-krieket fokus op die ontwikkeling van balvaardighede en hand-oog-koördinasie.  Hier word ‘n liefde vir die spel gekweek en ons speel vir genot teen mekaar.

Tennis

Concordia het verlede jaar met 7 tennisspanne begin. Die senior dogterspan het 1ste in die liga geëindig;  die gemengde span 2de en die seunspan het 6de in die A-liga geëindig.  Alle leerlinge het die geleentheid om tennis te speel.

Landloop

Ons neem jaarliks aan die Boksburg kampioenskappe deel.  Leerders vanaf 0/7 mag deelneem.  Landloop is ‘n geleentheid vir massadeelname.  Leerders hardloop 3 liga byeenkomste.  Hulle neem aan enige 2 van die 3 liga-byeenkomste deel om vir die Boksburgkampioenskappe te kwalifiseer.

Skaak

Skaak dra by tot ‘n kind se kognitiewe ontwikkeling, logiese denke en konsentrasie.  Dit verbeter sosiale vaardighede en help met aandag-afleibaarheid en om hiper-aktiwiteit te beheer. Deelname aan skaak word aangemoedig.  Slegs Gr 3-7 neem aan liga-toernooie deel.

Gimnastiek

Laerskool Concordia se gimnaste is ’n ware trots vir die hele gemeenskap. Met hul toewyding, dissipline en passie vir die sport, beïndruk hulle keer op keer op die mat en in kompetisies. Onder die leiding van toegewyde afrigters werk die leerders hard aan hul tegniek, balans en krag, wat duidelik blyk uit hul elegante bewegings en perfeksie. Ons skool het al talle Suid Afrikaanse kampioene opgelewer en so ook ons land met vele geleenthede by wêreldkampioenskappe verteenwoordig. Gimnastiek is nie net ’n sport by ons skool nie – dit is ’n geleentheid vir leerders om hul volle potensiaal te bereik en met trots hul skool se naam hoog te hou.

Gholf

Gholf spog met 11 spanne wat die liga gewen het en ons skool het reeds 7 provinsiale spelers opgelewer.  4 Spanne het gekwalifiseer om in die jaarlikse Ernie-Els toernooi deel te neem.

Perdry

Laerskool Concordia is geregistreer om deel te neem onder SANESA.  Perdry word by die perdryskool afgerig.  Ons het 2 leerders wat die skool op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verteenwoordig.

 

Concordia Leerlinge is veelsydige Leerlinge wat op elke gebied presteer.

Hengel

Alle seuns en dogters kry vanaf graad 1 geleentheid om aan hengel deel te neem.  Elke jaar kwalifiseer daar ten minste 2 spanne wat deelneem aan  “Champ of Champs”. Die 0/10 span behaal ‘n algehele 1ste plek en die 0/13 span behaal ‘n algehele 4de plek.  2 Leerders van Laerskool Concordia is opgeneem in die Suid-Afrikaanse skole-span.