59
Jaar Oud
1,459
Trotse Impies
100%
Uitnemend
Halfdag: 07:00 - 13:00
Nasorg: 13:30 - 17:30
Wagklas: 13:00 - 14:00
Vroeëklas: 06:30
Dagprogram begin stiptelik 07:30
Beste ouers,
Baie welkom as ouers van Concordia KleuterKampus ! U kleuter is vanjaar in Graad R / RR, wat dien as ‘n voorbereidingsjaar vir Graad 1.
Ons is deel van die grondslagfase by Laerskool Concordia. Die hoof van Kleuterkampus is Me. Erika Swanepoel.
Dit is vir ons ‘n voorreg om u kleuter by ons te verwelkom. Sy/haar belange en welsyn kry voorkeur bo enige iets. U kleuter moet gelukkig wees en graag skool toe kom.
‘n Paar ordereëlings wat belangrik is vir die vlot verloop van die dag in die klas:
Ons sien uit na die jaar wat voorlê. Hier by Concordia KleuterKampus pak ons elke dag positief aan en leer speel- speel.
07:00 - Aankoms en vryspel
07:45 - Ekstraklasse: Kuns/Musiek/LO
08:00 - Oggendkring: Register, weer, nuus en verjaarsdae
08:15 - Onderwysbeleide aktiwiteite: Taal / Wiskunde
09:00 - Skeppend (Hoof aktiwiteit) +2-3 ander aktiwiteite
09:55 - Onderwysbegeleide aktiwiteite en Lewensvaardighede
10:30 - Snoeptyd, Toiletroetine, Ekstraklasse: Drama, Music Minds, Netbal, Rugby, Buzzy Beez
10:50 - Vryspel buite
11:50 - Opruim en toiletroetine
12:00 - Onderwyserbegeleide aktiwiteit (Taal/Wiskunde)
12:40 - Daaglikse storie
13:00 - Nasorgprogram
Die Kind
Gereedheid
Nie alle kinders bereik ‘n gereedheidspunt op dieselfde ouderdom nie.
As ‘n kind nie emosioneel ryp is nie, kan die leerproses spanning en gedragsprobleme veroorsaak.
‘n Tekort aan selfvertroue kan die kind verhoed om te waag om te “lees”.
‘n Kind wat emosioneel nie gereed is nie, kan uiting gee aan sy frustrasies op die volgende wyses:
Voorskoolse aktiwiteite:
Graad RR
Verrykingsklasse
Ekstraklasse:
Buitemuurse Aktiwiteite:
Terapeute:
Hierdie terapeute word deur die skool aanbeveel en is op skoolgronde.
Ouers is egter self verantwoordelik vir betaling van hierdie dienste.
Vir speelgrond vir Gr. R en Gr. RR
GestruktueerdeSpel
Maandae:
Balspel bv. Krieket, sokker, netbal
Dinsdae:
Fietsiespel
Woensdae:
Waterspel (somer), stilspel (blokke, klei ens)
Donerdae:
Wiskunde manipuleerdespel onder andere datahantering/ skattejag
Vrydae:
Vryspel
Elke dag grootmotoriesespel op klim-en-klouters.