Geagte Ouer /Voog en Gemeenskap
Akademie:
Ons nader nou eindeksamen. Graag versoek ek dat leerders betyds by die skool sal wees en tot aan die einde van die dag sal bly. Maak asseblief seker dat elke leerder voorberei vir die eksamen en handboeke en leesboeke inhandig soos versoek.


