


Die onderwys is ‘n professie wat voortdurend ontwikkel en daar word van skole verwag om by te bly met voortdurende ontwikkeling. Laerskool Impala neem hierdie verantwoordelikheid ter harte en poog om op hoogte te bly met die nuutste inligting in die opvoedkunde.

Wees gegroet hier vanuit die “Ons gee om Kantoor”!
Wat ‘n uitdagende jaar! Sou ons ooit kon voorsien hoe ons lewens sou loop gedurende 2020? Ons is almal besig om branders te ry wat ons dikwels asemloos laat. Ek wil u elkeen bemoedig. Hou kop bo water en hou aan water trap. Dit sal vorentoe weer beter gaan!
Vir die afgelope paar maande het ek nou betrokke geraak by die wel en weё van ons Impie personeel, leerlinge en ouers. Dit is vir my lekker om deel te wees van ‘n span wat kan saamwerk om ‘n positiewe verskil te maak.
Ek stem saam met die volgende stelling:
“The highest function of education is to bring about an integrated individual who is capable of dealing with life as a whole.”
Uiteindelik maak ons almal as skoolgemeenskap ‘n belegging in ‘n veel groter saak: Mense wat voluit en gelukkig die lewe kan oorleef. Ons deur staan altyd oop vir ‘n Impie.
